Jy het gekom Deur die verlore stede van Europa Ek het jou herken Ek het die tafel gedek Met wyn met brood met genade Maar jy het onverstoord jou rug gekeer
Jy het jou vo?l afgehaal Dit op die tafel neerlgel? En sonder om te praat Met jou eie glimlag Die w?reld verlaat
En ek sou wil skryf Sou wil sing Oor die einde die begin Oor die liefde die kom en die liefde die gaan Oor die verlang die verdwyn Oor die woorde die bly bestaan
Olyf reise Bome water Jy met jou liggaam van varings Dromend in my arms digby die Seine Met jou liggaam Van wit gewels Met jou liggaam Van bitter son In Barcelona Agter die stiergevegte Die si?stas van jou o? Reise van stilte Reise van mure Reise van marmer Koeplette van klein Harde Woorde Vergaan Maar j? Dromend in water varings en son In my arms digby die Seine Gaan h??n Bevrug die aarde
En skryf En sing Oor die einde die begin Oor die liefde die kom en die liefde die gaan Oor die verlang die verdwyn Oor die passie die bestaan Oor die woorde die bly bestaan