liedteksten

terug naar overzicht

Hillbrow

2005

Die ou man sit by die straatkafee
en kyk al die mense loop heen en weer
die boemelaars raas by die Wimpy-bar
en Fontana is oop tot laat in die aand
kaalvoet-kinders in die straat
wys parkeerplek aan
en hou dan die hand ….en hou dan die hand
Hou oop die hand
 

En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hilibrow

Uit Quartz-straat hoor ek 'n meisie my roep
Daar's 'n Hare Krishna wat vra wat ek soek
En ken ek vir Jesus vra n man op die stoep
Tussen Hillbrow-records en Estoril-books
En dis lank na twaalfuur
En die Hilibrow-toring stuur
'n sein in die nag
Sy sein in die nag
'n sein vir die junkies wat wag

En gee, gee,
Gee gee, gee, gee
Jou sente, jou drome jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hilibrow

En die ligte gaan aan
In die Chelsea-hotel
En stemme en musiek klink in elke woonstel
Ons sit in die son en drink wyn
Ons survive met'n helse lot pyn, in hierdie land, ja
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef
Op die een wat kry wat hy vra, ja