liedteksten

terug naar overzicht

Ons Mors Ons Tyd

2008

Ons kuier on drink
Ons praat en ons lag
Ons kan lekker gesels
Tot laat in die nag
Ek vertel van n boek
Wat ek het gelees
Maar ons draai rond die punt
Waar ons eintlik moet wees

Jy vertel van jou werk
Van jou pa en jou ma
En die wind in die kaap
Wat vandaag het gewaai
En die geweld in die stad
Dit maak n mens so moe
Ek dink ek waai self op n dag
Londen toe

En so praat ons om slim
Die gevoel te ontwyk
En ons probeer om mekaar
Nie in die oe te kyk..
Bokkie....Bokkie....Bokkie
Ons mors ons tyd

En buite in die nag
Loer die gevaar
Die armes soek kos
En ons kla en ons kla
Oor die koers van die Rand
Oor die vrot politiek
Oor die loerbroer kommersie
En die soetpoepmusiek

En jy vra my opinie
Oor die broeikaseffek
Ek s? dis nogal okay
Want die weer is nie sleg
Ons kry somers in holland
Soos in n afrikaland
Nog n eeu en ons het
Palmbome langs die strand

En dit is nou al laat
Ons sou lank al moet slaap
En in plaats van de praat
Sou ons kinders moet maak
Maar dit gaan nooit gebeur nie
Met die ure wat slyt
Bokkie.....Bokkie....Bokkie
Ons mors ons tyd
Ons mors ons tyd

Ek is n n man
En jy is n vrou
Ek is miskien
Nie die regte (ou) vir jou
Maar ek kan tower met woorde
Ek kan sing soos n engel
Al l? die berge nog so blau

Maar jy mors jou tyd met my
En ek mors my tyd met jou

Dus kom loop jou pad
Dan maak ek my plan
Die rivier in die midde
Elkeen aan sy kant
Want waaroor ons moet praat
Sal ons altyd verswyg
Oh Bokkie
Ons mors ons tyd
Ons mors ons tyd