liedteksten

terug naar overzicht

Tydbom

2008

Ek ry in my kar      

Deur die vlakte in die kaap

Die son skyn oor die see

Bij Gordonsbaai

En ek sien waar ek kyk

Die gesigte van die land

En ek sien langs die pad

Hoe die veldbrand

 

Die struggle is verby

Die nuwe tyd is lankal daar

Maar die rykes word ryker

En die armes kry swaar

En ek sien op die teerpad

Naar muizenbergstrand

Die shaks van Khailitisha

En die plakkerskamp

 

En ek hoor die tijdbom tik 

Tik tik tik    

Die tijdbom tik

 

Die rook hang boe langa

Die vliegtuie styg op

En n swart man by die robot

Wil my ‘n sonbril verkoop

Wat gaan aan in sy kop

En wat dink hy oor my

Daar was so baie beloftes

Maar wat het hy gekry

 

En ek sou hom wil vra

Wie hy is hoe hy leef

Maar die robot raak groen

En my kar moet beweeg

En die Kaap lyk so mooi

In die somerse son

En die wind is so stil

dit voel asof daar

‘n storm gaan kom

 

En ek luister na musiek

Tap my vingers op die stuurwiel Tik,tik,tik

Die tydbom tik

Die tydbom tik

 

Die kleure van die reenboog

Weggespoel deur die geweld

Die diktatuur van toe             

Is nou die diktatuur van geld

Die ideale word verkoop  

Die kapitaal is aan die mag

En Steve Biko is moeg en

Draai homself om Is sy graf

Want wat hy sien 

Maak hom sick

 

Want die tydbom tik

Die tydbom tik

 

Jy kan n fok voel vir die toestand

In hierdie land

Jy kan ook n brug bou

Naar die ander kant

Jy kan na die tv kyk

Tot die oggendlig

Jy kan jou oë sluit

Met n sepie of n flik

Maar die tijdbom tik

Tik tik tik

Die tijdbom tik