liedteksten

terug naar overzicht

Moenie Huil Nie (Verjaardagslied)

2011

Veels geluk liewe maatjie

Omdat jy verjaar

Mag die Here jou seen

En nog baie jare spaar

 

Kom ons drink nog n bottel

En ons huil na die maan

En ons dans sonder sorge

Op hierdie vulkaan

 

Want hierdie land is nie die hemel

En al kak ons soms af

Ons sal kuier tot die einde

Ons sal sing tot indie graf

 

Moenie huil nie                 

Moenie treur nie

Daars n nuwe dag voor elk een wat jy verloor

Moenie huil nie                

Moenie treur nie

Kyk noord

Gaan voort

 

Daars elke dag weer koerante

Wat ons stories vertel

Van korrupsie en misdaad

Wat ons almal ontstel

 

Ja die herder het die land hier

Vir 'n ruk sommer gelos

En nou loop ons verlore

soos skapies in die nag innie bos

 

Maar vandaag skyn die son

En die berge lê blou

En jy moet weet daars baie mense

Baie lief vir jou