liedteksten

terug naar overzicht

Ek En My Bottel

2015

Ons lê hier langs die pad

Ek en my bottel

Die mense loop verby

Dis vroeg in die oggend

 

Ons lê hier soos geliefdes

Verstrengel in mekaar

Sy is leeg van my

Ek is vol van haar

 

Ek was ‘n paar jaar in die weermag

Geveg daar op die grens

Die bos daar het my mal gemaak

Maar nou is ek weer ‘n mens

 

Ek het die land hier sien verander

Selfde storie ander boek

Ek is die bruinman in die middel

Nooit wit of swart genoeg nie

 

Sy is alles wat my reg hou

Sy is al wat my laat val

Sy is die liefde van my lewe

Sy’s my Heelal

Sy’s my sonde my verlange

Sy’s my honger en my dors

Sy’s is die onmag wat my vashou

Sy’s die vrou

Wat my nooit sal los nie

 

Ek is ‘n swerver in die stad hier

Slaap daar buite by die hek

Van die Kompanjie se tuine

Voor die useless parlement

Waar hulle praat en praat en praat

Oor die toekoms van die land

Ek lê daar buite en ek slaap

Met ‘n bottel in my arms

 

Sy is alles wat my reg hou

Sy is al wat my laat val

Sy is die liefde  van my lewe

Sy’s my Heelal

Sy’s my sonde my verlange

Sy’s my honger en my dors

Sy’s is die onmag wat my vashou

Sy’s die vrou

Wat my nooit sal los nie

 

En ek droom soms van‘n meisie

Met rooi lippe

Wat met my dans

Tot anderkant die maan

 

Verby die wolke

Verby die sterre

Daar waar die hemel nog bestaan

 

My bottel      My booze

My Lullaby    My blues

My hemel      My hel

Die naam      Op my vel

My sonde      My verlange

My honger     My dors

Die onmag wat my vashou

Die vrou

Wat my nooit sal los nie

 

Sy is alles wat my reg hou

Sy is al wat my laat val

Sy is die liefde  van my lewe

Sy’s my Heelal