liedteksten

terug naar overzicht

Onder In My Whiskyglas

2015

Onder in my Whiskyglas                                        

Sien ek jou weer                                    

Onthou ek hoe ons was                        

Maar nou’s my hart so seer                          

       

Die kroeg se deur is toe                                

Wasem hang in donker lug                            

Ek lig my glas op om te proe                         

Maar voor my sien ek jou gesig

 

Onder in my    Onder in my                   

Onder in my Whiskyglas

Is jy nog aan my vas                              

 

Ek het jou verruil vir die droom             

Van ‘n duisend kontinente

Maar nou sien ek my glas se boom

En tel my laatste sente

 

Jy’s orals om my hier vanag

Ek voel jou in my lewe

Whisky is hard en jy is sag

Jy was bo drank verhewe

 

Onder in my    Onder in my

Onder in my Whiskyglas

Is jy nog aan my vas

 

Drie skepe moes my wegvoer

Na lande ver van hier

Maar daar’s skimme op die vloer

En visioene in my bier

 

Ek weet ek was verkeerd gewees

My oë traan my maag wil draai

My toekoms is nog vis nog vlees

Drie skepe het my hart verraai