Liedteksten

Stilbaai

Stilbaai

My hande is wakker
My oë wil slaap
My kop is in Stilbaai
My hart in die Kaap

Ek staan op die grens
Van die dag en die nag
En my kop weet nie meer wat
Om te doen met my hart

Ek voel soos n skip   

Wat lê langs die kus           

My toekoms wil reis         

My verlede wil rus             

My woorde wil stil wees           

My stilte wil praat               

My hart wil jou vashou           

My kop wil jou laat  

        
Die storm en die stilte
Die son en die maan
Daars altyd twee kante
Wat in ons bestaan

Die verlange wil waai
Die angs wil hier bly
En al sluit ek my oë
Dit gaan nie verby nie

Ek voel soos n skip            
Wat lê langs die kus            
My toekoms wil reis            
My verlede wil rus                
My woorde wil stil wees            
My stilte wil praat                
My hart wil jou vashou            
My kop wil jou laat            

Dit nummer staat op de volgende uitgaves:

Cover
Kloofstraat (P) (Bladmuziek digitaal)
2014

Cover
Kloofstraat (Album)
12 nieuwe Afrikaanse liedjes van Stef Bos
2010

Cover
Kloofstraat (Vinyl LP)
12 nieuwe Afrikaanse liedjes van Stef Bos
2010

Cover
Demo's Deel 03, 2008 (Album)
2008