Liedteksten

Sout van die aarde

Hulle glo in legendes
Van riviere wat praat
Van leeus wat kan dans
In die lig van die maan
Die lewe is hard
Maar die hartseer is sag
Digby die hemel
Ver van die stad

Die Khoi in die vlakte
Die boer in Namakwa
Die visser wat uitvaar
In Noup en Saldanha
Die sout van die aarde
Die stem van die see
Daar waar die vuur brand
Daar wil ek wees

En ons sluit die deure
Aan die eind van die dag
Bang vir die donker
Bang vir die nag
Ons het verover
Maar wat het ons gewin
Die lig van die goud
Het ons dikwels verblind
Ons het nooit geleer
Sonder wapens te veg
Bang vir die vijand
Wat skuil in onsself
Dis n kuns om te luister
Naar die stem van die see
Om naar die wolke te kyk
Soos n boek wat jy lees

Die volk in die vlakte
Die San en die Griekwa
Die visser wat uitvaar
In Noup en Saldanha
Die sout van die aarde
Die stem van die see
Daar waar die vuur brand
Daar wil ek wees

Hulle leef die seisoene
Hulle waai met die wind
Traag soos n ou man
Speels soos n kind
En in al die koerante
Lees jy nooit hulle naam
Hulle is byna onsigbaar
Jy sien hulle nie staan

Namakwa,Sodwana
Kassiesbaai, Noup
Dat wat geluk is
Kan jy nie koop
Dis die moeilijkste ding
Om eerlik te wees
Soos die sout van die aarde
En die stem van die see
Dit nummer staat op de volgende uitgaves:

Cover
Demo's 2008 Deel 01 (downloadversie) (MP3 albums)
2014

Cover
Kloofstraat (P) (Bladmuziek digitaal)
2014

Cover
Kloofstraat (Album)
12 nieuwe Afrikaanse liedjes van Stef Bos
2010

Cover
Kloofstraat (Vinyl LP)
12 nieuwe Afrikaanse liedjes van Stef Bos
2010

Cover
Demo's Deel 01, 2008 (Album)
2008