Liedteksten

Sout Van Die Aarde

Sout van die aarde

 

Hulle kyk naar die toekoms

Soos hulle kyk naar die see

Hulle praat oor die liefde

Soos hulle praat oor die reen

Hulle lees die verlede

In die spoor wat hulle sny

Hulle sê wat ons gee

Is dat wat ons kry

 

Hulle glo in legendes

Van riviere wat praat

Van leeus wat kan dans

In die lig van die maan

Die lewe is hard

Maar die hartseer is sag

Digby die hemel

Ver van die stad

 

Die Khoi in die vlakte

Die boer in Namakwa

Die visser wat uitvaar

In Noup en Saldanha

Die sout van die aarde

Die stem van die see

Daar waar die vuur brand

Daar wil ek wees

 

En ons sluit die deure

Aan die eind van die dag

Bang vir die donker

Bang vir die nag

Ons het verover

Maar wat het ons gewin

Die lig van die goud

Het ons dikwels verblind

Ons het nooit geleer

Sonder wapens te veg

Bang vir die vijand

Wat skuil in onsself

Dis n kuns om te luister

Naar die stem van die see

Om naar die wolke te kyk

Soos n boek wat jy lees

 

Die volk in die vlakte

Die San en die Griekwa

Die visser wat uitvaar

In Noup en Saldanha

Die sout van die aarde

Die stem van die see

Daar waar die vuur brand

Daar wil ek wees

 

Hulle leef die seisoene

Hulle waai met die wind

Traag soos n ou man

Speels soos n kind

En in al die koerante

Lees jy nooit hulle naam

Hulle is byna onsigbaar

Jy sien hulle nie staan

 

Namakwa,Sodwana

Kassiesbaai, Noup

Dat wat geluk is

Kan jy nie koop

Dis die moeilijkste ding

Om eerlik te wees

Soos die sout van die aarde

En die stem van die see

Dit nummer staat op de volgende uitgaves:

Cover
Demo's 2008 Deel 01 (downloadversie) (MP3 albums)
2014

Cover
Kloofstraat (P) (Bladmuziek digitaal)
2014

Cover
Kloofstraat (Album)
12 nieuwe Afrikaanse liedjes van Stef Bos
2010

Cover
Kloofstraat (Vinyl LP)
12 nieuwe Afrikaanse liedjes van Stef Bos
2010

Cover
Demo's Deel 01, 2008 (Album)
2008