Liedteksten

Hillbrow

Hillbrow

 

Die ou man sit by die straatkafee

En kyk al die mense loop heen en weer

Die boemelaars raas by die Wimpy-bar

En Fontana is oop tot laat in die aand

Kaalvoet-kinders in die straat

Wys parkeerplek aan

En hou dan die hand ….en hou dan die hand

Hou oop die hand

 

En gee, gee, gee gee, gee, gee

Jou sente, jou drome jou klere vol gate

Gee jou hart vir Hilibrow

 

Uit Quartz-straat hoor ek 'n meisie my roep

Daar's 'n Hare Krishna wat vra wat ek soek

En ken ek vir Jesus vra n man op die stoep

Tussen Hillbrow-records en Estoril-books

En dis lank na twaalfuur

En die Hilibrow-toring stuur

'N sein in die nag

Sy sein in die nag

'N sein vir die junkies wat wag

 

En gee, gee, gee gee, gee, gee

Jou sente, jou drome jou klere vol gate

Gee jou hart vir Hilibrow

 

En die ligte gaan aan

In die Chelsea-hotel

En stemme en musiek klink in elke woonstel

Ons sit in die son en drink wyn

Ons survive met 'n helse lot pyn, in hierdie land, ja

Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef

Op die een wat kry wat hy vra, ja (Herhaal koor)

Dit nummer staat op de volgende uitgaves:

Cover
Ruimtevaarder (P) (Bladmuziek digitaal)
2014

Cover
Rooi Aarde Swart Bloed (DVD)
2007

Cover
Ruimtevaarder (Album)
Zuidafrikaanse editie
2005

Cover
Ruimtevaarder (Album)
2005

Cover
Jy Vir My (Album)
2003

Cover
Donker En Licht, Zuid-Afrikaanse 2CD (Album)
2003