Liedteksten

Jonk In My Kop

Ek kyk na die klok

Die tyd gaan verby

Staan op in die oggend

My spiere is styf

Maar in my gedagtes

Is ik eindelik vry

Jonk in my kop

Oud in my lyf

 

Ek was 16 jaar

Hartseer en pyn

Verlief op ‘n meisie

Wat ek nie kon kry

Ek was so ernstig en diep

My gedagtes was grys

Ek was toe oud in my kop

En jonk in my lyf

 

Dis goed om te wees

Waar ek nou is

Jy maak my nie mal nie

Ek weet wie ek is

Ek is nie meer lus nie

Om te mors met my tyd

Jonk in my kop

Oud in my lyf

 

Daar ‘s pragtig jong meisies

Hier in die land

Maar om eerlik te wees

Hulle maak my nie warm

Skoonheid is mooi

Maar ervaring is meer

Soos ’n vrou wat het geleer

Om haarself uit te sorteer

 

My rug is ontwrig

My hare val uit

Ek benodig ‘n bril

Om na die wêreld te kyk

Maar in my verbeelding

Sien ek soveel meer

Die angs vir die einde

Beheer my nie meer

 

Dis goed om te wees

Waar ek nou is

Jy maak my nie mal nie

Ek weet wie ek is

Ek weet wat nou saak maak

Mors minder my tyd

Jonk in my kop

Oud in my lyf

 

Ek staan op in die oggend

My spiere is styf

Ek sien in die spieël

Die tol van die tyd

Daar’s baie gebreke

Waaraan ek ly

Ek is ’n kar wat geroes is

Maar ek kan nog ry

Dit nummer staat op de volgende uitgaves:

Cover
Kaalvoet (Album)
2015