Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Ek en my plek: Stef Bos - van donker na lig

maandag 01 september 2003, Sarie, Ronel Nel

Ek en my plek

’n Nuwe CD, ’n nuwe huis. En ewe tuis in SA. Kyk uit vir Stef Bos op vanjaar se Aardklop Kunstefees van Dinsdag 23 tot Saterdag 27 September

Tussen die donker en die lig. Tussen hierdie kant en anderkant, in Niemandsland. Tussen die liefde en die leegte...
Stef Bos was nog altyd onderweg, en sy musiek is deurspek met verwysings na sy roete: die soeke na die regte soort liefde, na ’n plek van vrede, na huis.
En Stef het tuisgekom. Dit sien jy in sy nuwe lewe: sy nuwe huis, sy nuwe musiek. Die hande maak skraler gebare, die voet tik nie meer so vinnig op-en-af nie. Die rus is uiteindelik hier.
Hy het voorverlede jaar, kort n´ sy veertigste verjaardag, die groot stap geneem en vir hom ’n eie plek in België aangeskaf. Dit beslaan drie geboue, elk met sy eie karakter en styl, binne-in ’n groot bos. Gepas s
< Terug