Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Die kuns van die oorgawe

vrijdag 06 oktober 2006, Litnet, Haydee Morgan

Die kuns van oorgawe:


Haydee Morgan gesels met Stef Bos

 


Stef Bos sing op vanaand in die Aula in ’n buitengewone optrede saam met die Simfonie-orkes van die Universiteit van Pretoria (UP). Verwerkings vir ’n volskaalse simfonie-orkes van Stef se bekendste liedjies soos "Papa", "Witsand" en "Die taal van my hart", asook Kerkorrel se "Hillbrow", gaan gehoor word. (’n Voorsmaak hiervan kan tydens vanjaar se Aardpops (29 September) met dieselfde orkes gehoor word wanneer meer as honderd mense vir die eerste maal in kunstefeesgeskiedenis ’n verhoog gaan deel.) Die konsert in die Aula staan onder leiding van Eric Rycroft, met Amanda Strydom as gas. Plaaslike musiekmakers Jaconell Vey (klawerbord), Vinnie Henrico (dromme), Juan Oosthuizen (kitaar), Matthys Maree (akkordeon) en Corné Dannhauser (baskitaar) doen mee.

Musiek is vir Stef Bos ’n vorm waarin hy kan vaslê wat hy voel of sien, in homself en om hom. Dit is ’n noodsaaklikheid, anders sou sy kop oorspoel van al die indrukke.

“Ek staan als mens nogal oop vir alles om my heen en dink ek het dit als ’n soort middel gekry om myself in ewewig te hou. Musiek vat die abstrakte kant van die lewe, dié wat ons nie kan rationaliseer. Mens kan nie verklaar waarom jy geraak word deur twee note, deur die stilte wat hulle skei nie. Dit vat jou onverwags. Die taal probeer dinge te orden, dis die logiese kant van die lewe. Dis ook die lekkere ding van songs, want jy werk op twee levels. Daardeur kan dit sowel ’n perspektief op die lewe bied.”

Sedert sy eerste kort plaat (Is Dit Nu Later, 1990) is dié indrukke op meer as 45 lasers en etlike publikasies byeengebring, word Bos se musiekalbums boeke in die kleine, sy boeke woorde sonder note. Sy CD-verkope het lank reeds die dubbelplatinummerk verbygesteek en hy is bekroon met gesogte internasionale toekennings soos die Edison en Goue Harp (2000). Alles wat Was (Oktober 2005) en Meer Dan Papa (1998) is versamelings met liedjietekste, Gebroken Zinne (Sept 2004) ’n bundel met liefdes- en ander (groter) Bos-temas en sy plaaslike eweknie, Gebroke Sinne (Julie 2004, Suikerbos Uitgewers), ’n versameling liedjies wat Afrikaanse poësie geword het. Woorde wat die versugtinge skets van ’n melankoliese en passievolle kunstenaar, verknog aan sy eie tuisland, maar vol heimwee vir ’n onstuimige een op ’n ander kontinent. Gebroke Sinne is as beste produksie bekroon op daardie jaar se Inniebos-fees op Nelspruit. Die opvolg tot Gebroken Zinnen heet JA! en het so pas in die Lae Lande verskyn (20 September 2006).

Van Ruimtevaarder (Oktober 2005) sê hy: “Door het kijken er naar ontstond de tekst die een weerslag vormde van wat ik door de jaren steeds meer voelde: een mens moet zichzelf loslaten om zichzelf te vinden.” Waar ons met vroeë albums bewus was van Bos die toeskouer, vind ons in dié album (en veral in die liedjie "1000 jaar") beelde van die Bos-verganklikheid (of -onverganklikheid?) Dit is asof die afstand tussen wat hy aanskou (beskou) en besing, nou so ’n integrale deel van sy musiek geword het dat die grenslyne vervaag.

“Ek dink ek moes my losmaak van die belang van my eie existentie, my lijf, my lewe, my, my, my ... Ek is lief vir die hier wees, die rondloop op deze aarde, maar dis lekker om te weet dat ek deel is van ’n grotere geheel, soos Eug
< Terug