Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Lyfblad van NG Kerk vaar uit teen Bos en Kombuis

donderdag 31 januari 2002, Die Burger, Marleen Smith

Die beskuldiging dat hy en Stef Bos ``half beneweld'' as God en die duiwel 'n liedjie sing, sou 'n mens kon laat sê dié lyfblad van die NG Kerk is self lasterlik of selfs godslasterlik, aldus Koos Kombuis.
Die Kerkbode beskuldig die twee sangers in sy jongste uitgawe van godslastering in 'n liedjie oor God en die duiwel wat hulle in die televisieprogram Geraas gesing het. ``In die video-opname van die twee sangers sit hulle naas mekaar, die een as die duiwel en die ander as God, en sing half beneweld oor hul verbintenis en verknogtheid aan mekaar, die een as die keersy van die ander, twee kante van een munt,'' lui die artikel in die Kerkbode.
Kombuis het gister by navraag oor die verwysing na hulle as ``half beneweld'' gesê ``as verder in gedagte gehou word dat een van ons God sou uitbeeld in die video, sou mens selfs kon sê dr. (Frits) Gaum (redakteur van Die Kerkbode) is godslasterlik!'' Kombuis het Die Kerkbode verwys na ``groter digters en skrywers as ek en Stef'', wat hulle al met die paradoks van goed en kwaad opgehou het, soos Nietzsche.

``Ek glo nie letterlik dat God en die duiwel sulke groot tjommies is nie. Ek glo wel aan die paradoks van goed en kwaad. ``Ek glo nie 'n intelligente en geleerde ou soos Gaum sal ontken dat dié denkrigting interessant en prikkelend is nie. ``Die vraag gaan eerder oor of 'n mens God as fiktiewe karakter durf gebruik. ``Ek kan my nie regtig verdedig nie, want ek vermoed ek sal Gaum nie maklik van my kunstenaarsintegriteit oortuig nie.''
Hy ontken dat hy en Bos met die verfilming van die video beneweld was, ook nie met die skryf van die liedjie nie, ``hoewel ons kort daarn´ 'n bottel whisky gedeel het''. Hy sluit sy kommentaar af met wense vir ``God se rykste seën en voorbede vir Harry Viljoen''.
Kombuis is een van die beste Christene wat hy ken en nie iemand wat vir 'n godslasteraar of 'n satanis uitgekryt kan word nie, sê dr. Nols de Bruin, Kombuis se ``persoonlike dominee'', godsdienswetenskaplike en predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk. De Bruin sê dit handel eintlik glad nie oor God of die duiwel nie. Die twee figure funksioneer bloot as metafore van goed en sleg.


< Terug