Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Op tog met Stef Bos deur Suid-Afrika

vrijdag 19 oktober 2001, Die Volksblad, Naomi Morgan

Die Sterrewagteater, Bloemfontein, 20:00. Dis 'n swoel, wolklose Oktoberaand; die maan is soos gewoonlik deel van die vertoning, dié keer as agtergrond vir Stef Bos se verwerking van Suikerbossie. NAOMI MORGAN is deel van die gehoor wat kom luister hoe doen hy dit self, sonder kitaar en basviool, hoe hy so na as moontlik aan die liedjie kom. En n´ die tyd vra sy hom uit:

Wat vervreem 'n sanger van 'n lied?
Wanneer jy die lied gebruik vir ander doeleindes as waarom dit gaan: om jou eie ego te versier, of deur 'n onvaspaste musiekstyl te gebruik. Om net een musiekstyl te gebruik, ongeag die inhoud, sou teen die lied werk. Wanneer 'n mens net 'n klavier gebruik, bly jy byvoorbeeld taamlik binne dieselfde kadans, maar ek vind dit goed om, wanneer jy 'n CD opneem, in verskillende genres te soek na dit waarom die lied vra. Soms vind jy natuurlik later dat dit die verkeerde keuse was, maar wanneer jy jare lank 'n liedjie speel, ontdek jy steeds meer waarom dit vra.
Daarom het ek nou, n´ tien jaar, besluit om te toer met net 'n klavier. Jy is aand vir aand alleen met die liedjie en dit is heeltemal anders as wanneer jy saam met 'n orkes speel. Met laasgenoemde het jy die voordeel om dinamiek te kan ontwikkel, om musikaal 'n ryker verwerking te kan doen, maar dieselfde intensie as met net 'n klavier kry jy nooit.

De Optocht, heet jou Suid-Afrikaanse vertoning. Waarop slaan die titel? De Optocht is die naam van 'n liedjie wat ek elke aand aan die einde van die program speel. Dit verwys na 'n fase in my lewe waar ek terugkyk en bepaalde gevolgtrekkings maak. Dit begin met 'n algemene beeld: ek sien my lewe as 'n optog, ek sien die val van die Berlynse muur, die eerste man op die maan, ek hoor myself skreeu dat dit moet stil word, ek sien die toekoms in die verte, die ouer Stef wat al hoe nader kom (ja, daar het ons natuurlik die veertigerproblematiek!) Dit gaan ook oor die dood, die liefde, oor keuses, oor mense wat teen die stroom ingaan, wat agter in die ry loop, wat deur die dood weggeneem word. N´ die donker deel van die liedjie begin dit beweeg in die rigting van 'n fanfare en word dit verskriklik optimisties. Want as daar een ding is wat ek geleer het, is dit dat ek nou selfs meer van die lewe hou as vroeër.

De Optocht is nie vir die Europese publiek bedoel nie, ook nie die CD Van Mpumalanga Tot Die Kaap, wat binnekort uitgereik word nie. Wat is bepalend vir wat geskik is vir die Suid-Afrikaanse mark?
Dit is volstrek willekeurig. Ek het gisteraand gesit en dink waarom ek dit nou juis die eerste keer hier doen: My reis het in België begin, maar ek is natuurlik 'n Nederlander en moes myself in my vaderland gaan bewys (dit het ook geluk). Die eerste land waar ek nie die gevoel gehad het dat ek myself hoef te bewys nie, was Suid-Afrika. Niemand het my geken nie, ek het geen geskiedenis gehad nie. Dit is hier waar ek in die jare wat kom, my ontwikkeling gaan beleef en dit meeneem na die noorde. Ek ontdek dus hier dinge, maar dit het meer met myself te make as met die land. In Nederland en België kan ek dit nie doen nie, omdat ek daar altyd die gevoel het dat mense oor my skouer loer en 'n oordeel vel, terwyl ek hier die indruk het dat mense sê "gaan maar voort".

Die titel van die CD herinner aan 'n reisverhaal. Gaan dit om 'n reeks klankindrukke, of 'n soort inisiasieproses?
In die eerste plek het ek gesoek na 'n titel waarin daar 'n Afrikaanse en 'n etniese woord voorkom. Ek wou dit eers Egoli noem, maar het toe daarteen besluit. Die titel is ook 'n reël uit Suikerbossie ("En ik weet dat zij ergens moet bestaan Ek soek van Puma Langa tot die Kaap"), en daar is 'n organiese verband met die feit dat ek die liedjies geskryf en opgeneem het in die noorde sowel as in die suide. Ander liedjies, soos Zondag In Soweto en Wiegelied Van Die Weskaap het weer ontstaan terwyl ek gereis het. Die land, en die mense wat ek onderweg ontmoet het, het 'n belangrike invloed uitgeoefen.

Jy is nou veertig en bevind jou ook in wat jy spottenderwys 'n "stilstaande fase" in jou lewe noem. Hoor 'n mens eggo's van die liedjie Stilstaand Water, waar die betekenis eerder negatief is, daarin? Kon jy al die rigting na die stilstaande fase bepaal?
Glad nie, sulke dinge probeer ek intu
< Terug