Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Vreemdeling of Eieling

woensdag 26 september 2007, Goue Drome, GD

STEF BOS - VREEMDELING OF EIELING?

(Foto met erkenning aan Maria Rademeyer) Jeffreysbaai (26 September 2007) - Nogal 'n voorreg om hierdie man, Stef Bos, in lewende lywe te sien optree. Vir die eerste keer in die Oos-Kaap - by ons lekkerste kuierplek, Potter's Place op Jeffreysbaai. Klawerman hy. Geselsman. Niks is toevallig nie - alles het 'n storie.

Hy begin sy vertoning met 'n trekklavier en kom heel uit 'n onverwagse hoek tussen die gehoor ingenoot, sommer dadelik tuis en in die gesig van die mense - en natuurlik met 'n tradisionele liedjie om dadelik harte te steel ... Suikerbossie.

Met verbysterende gemak vertel hy regdeur sy fenomenale program van plekke in Suid-Afrika wat baie lede van die gehoor nog nie gesien het nie. En dan kleur hy dit verder in met sy musiek. Hy wys die verskille in die "wat is aanvaarbaar" en "wat is skokkend" tussen die Nederlandse en Afrikaanse tale en taalgebuikers uit. Hy gebruik self 'n paar skokkende woorde wat sommiges laat terugdeins. Hy praat oor die mooi van Afrikaans en sing liedjies wat gebaseer is op dit wat mens nie naastenby so mooi in 'n ander taal sou kon sê nie.

Regdeur sy program straal respek vir wyle Johannes Kerkorrel uit sy aanbieding. Dis asof hy vir Kerkorrel saamgebring het ... jou laat voel hy is maar hier rond en hy luister en hy kyk. Hy vertel hoe hy "professioneel jaloers" is op die wonderlike liedjie HILLBROW van Ralph Rabie. Net soos wat hy ook jaloesie getoon het toe hy die eerste keer ONDER IN MY WHISKEYGLAS, van Koos Kombuis gehoor het (hieroor het hy in die Laurika Rauch DVD - KOM LAAT ONS SING, gepraat). En dan sê hy, effens vererg: "Ek is nie 'n Jukebox nie", in reaksie op herhaalde versoeke uit die gehoor om AL Lê DIE BERGE NOG SO BLOU te sing. En verduidelik later dat hierdie liedjie Ralph s'n is - daar moet nie daarmee gepeuter word nie.

Sy musiek bons heeltyd sonder waarskuwing tussen Nederlands en Afrikaans. Hy praat van die San, die Koi, die politiek van die tagtigs en negentigs. Die Voortrekkermonument. En sy siening van die komplekse geskiedenis wat nie te vêr in ons verlede lê nie. So asof hy weet. So asof hy verstaan. So asof hy self daarvan deel was.

En dan wonder mens ... is dit moontlik? Is dit moontlik dat hierdie vreemdeling ook eieling kan wees? Is mens nou "professioneel jaloers" of weet hy meer van ons land ... ons taal ... ons menswees as ons self?

 

Stef Bos tree weer vanaand (27 September 2007) by Potter's Place (042 293 2500) in Jeffreysbaai op. Moenie hom misloop nie. Dis 'n anderste ervaring. Jy gaan
< Terug