Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Dit was Stef Bos op sy allerbeste

maandag 04 augustus 2008, Die Burger, MARINA GRIEBENOW

Dit was Stef Bos op sy allerbeste
MARINA GRIEBENOW

 

Bygestaan deur Martin de Wagter (tromme en perkussie), Roberto Mercurio (baskitaar) en René van Mierlo (kitaar), het Bos die gehoor hier in die Baxter-teater oorrompel met oorwegend nuwe liedjies waarmee hy sedert die begin van die jaar in die Noorde toer.
’n Handjievol bekendes, soos “Suikerbossie”, “Jy vir my” en “Papa”, is as trooskos ingesluit.
Net voordat hy wegval met ’n gospelagtige nommer genaamd “Gelukkig”, vertel Bos hy was ’n ruk gelede by ’n kerkdiens op Grabouw waar ’n jong man wat glo gesigte sien vir hom gesê het hy gewaar ’n wit duif op sy skouer. Hy maak dit dan spottenderwys af. Gemeet aan die inhoud van sy nuwe materiaal en wat ’n mens omtrent hom as kunstenaar weet, sou jy jou egter wel kon verbeel dat dié duif dieselfde een is wat Noag n´ die groot vloed uitgestuur het en wat g’n rusplek vir die holte van sy voet kon vind nie. Bos se werk getuig bykans altyd van ’n soeke na iets - ’n tuiste, liefde, lewenssin - en waarskynlik juis om dié rede vind hy by sovele aanklank.
Hy is by uitstek ’n minnesanger en demonstreer dít onverbeterlik met ’n siklus liedjies wat die verloop van die liefde blootlê - van die eerste verliefdheid tot die pynlike uiteengaan. Die eerste hiervan is “Kloofstraat”, gevolg deur “Ek wil”, “Ons mors ons tyd”, “Tuine van die Kompanjie” en “Vaarwel”. En as ’n mens moet aflei uit die gesprekke wat gedurende die pouse gehoor is, het elkeen sy gunsteling van dié vier. Persoonlik het die eenvoud en amperse biografiese aard van “Ek wil” my veral getref.
Nog ’n hoogtepunt volg n´ die pouse, naamlik “Gebed”. Dié rou, atmosfeerryke lied (waartydens hy homself op die akkordeon begelei) word in tipiese Bos-styl voorafgegaan deur ’n lang vertelling wat begin met ’n onthoofding in Batavia, ’n draai maak deur Dan Sleigh se Eilande en eindig met ’n skip vol dooie matrose wat iewers op die groot see dryf. Dié lied verteenwoordig die noodkreet van die laaste oorlewende en weer eens klink die tema op: “Heer, gee my u genade; Heer, bring my tuis”.
Bos se liefde vir Afrika, veral Suid-Afrika, het sy oeuvre al mateloos verryk en die nuwe werk getuig weer eens daarvan. En solank sy soeke na ’n tuiste voortduur, kan sy aanhangers bly uitsien na soortgelyke gehalte-werk.


< Terug