Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

ATKV vereer Bos vir bydrae tot Afrikaans

maandag 08 februari 2010, Die Burger, Kaapstad, Zuid-Afrika, Mariana Malan

ATKV vereer Bos vir bydrae tot Afrikaans

2010-02-08 05:02  

 

Mariana Malan

Kaapstad

Die Belgiese sanger en musikant Stef Bos is Vrydagaand in Pretoria vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek vereer.

Die ATKV-tak Pretoria-Oos het aan hom die toekenning gedoen om erkenning te gee aan die Afrikaanse liedjies wat hy die lig laat sien het en ook omdat hy meegehelp het om Afrikaans deur liedjies en optredes van plaaslike sangers inter­­nasio­nale blootstelling te gee.

Bos het ook by hierdie geleentheid bekend gemaak dat sy eerste album wat hy volledig en van meet af aan in Afrikaans geskryf het, in Maart vanjaar klaar sal wees. Die ­titel is Kloofstraat. Hy beoog om die album ook in Nederland en België te ­versprei om sy “liefde vir die taal en kultuur soos ’n saadjie daar te plant”.

In ’n gesprek met Die Burger het hy gesêdie meeste van die liedjies het net “gebeur”. Hy is baie gesteld daarop dat die taal reg moet wees, want hy weet dat daar selfs van ­Nederlands na Afrikaans en ­anders om “moerse mistakes” ­gemaak kan word.

“Ek is met ’n Afrikaanse vrou ­getroud en ek word elke dag gebliksem as ek die grammatika verkeerd gebruik,” skerts hy.

Op ernstiger noot vertel hy dat hy aanvanklik verlief geraak het op Afrikaans.

“Dis ’n liefde wat nou lankal die stadium van verliefdheid verby is. Dit het ná al die jare diep onder my vel begin kruip en sou ek dit wil los, is dit nie moontlik nie, want dis nou ’n deel van my. Die taal het my na hierdie land gebring.”

Hy het by verskeie geleenthede reeds vertel dat Johannes ­Kerk­orrel hom aan Afrikaans voorgestel het.

“Dis so jammer dat Ralph vandag nie hier is nie omdat hierdie ’n ­oomblik is om met hom te deel, want my verhouding met die taal het met sy ‘Hillbrow’ begin.

“In retrospek is dit natuurlik die groot ding tussen my en Afrikaans. Dis ’n vreemde taal wat klink soos my ma se taal. Die taal het ek ­gehoor toe ek nog in haar maag was en nie geweet het wat taal is nie. Die taal wat my reg in die hart kan raak deur die klank. Toe ek ‘Hillbrow’ hoor, het ek my eie taal gehoor maar uit ’n andere kultuur, met ’n andere ­manier van praat en kyk.”


< Terug