Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Kombuis en Bos se vriendskap werk ook op verhoog

maandag 07 juli 2014, Muskiet, Louise Ferreira

Kombuis en Bos se vriendskap werk ook op verhoog

Die hegtheid van Koos Kombuis en Stef Bos se jarelange vriendskap sorg vir ’n wonderlike geselligheid op die verhoog in BosKombuis.

Boonop slaag die stelinkleding en sagte beligting daarin om ’n intieme atmosfeer in die ouditorium te skep.

Die heerlike 90 minuuut-lange vertoning, wat bestaan uit musiek en gesels, het die gehoor gereeld laat skaterlag. Ná ’n openingsmedley van verskeie liedjies, waaronder “Suikerbossie” en verse uit “Lisa se Klavier” en Johannes Kerkorrel se “Hillbrow”, het die twee kwinkslae geruil en Bos het skertsend gewaarsku: “Ons gaan k*kpraat vanaand.”

Hulle het van hul gewildste ou liedjies gesing, ’n paar nuwes opgevoer en ook van mekaar se liedjies gesing.

Die musiek het naatloos ineengevloei met gesprekke oor die liefde – vir vroue en vir hul kinders – die land en ouerword. Saam met die humor was ’n besonderse en roerende eerlikheid oor die lewe en hul onderskeie ervarings.

Dié twee woordmeesters mág maar.

 



Louise Ferreira


< Terug