Liedteksten

Kry Jou Gat In Rat

Jy staan langs die kant

Jy gee jou kritiek

Jy sê die wêreld

En die mense is siek

Die tv sleg

Koerante swak

Sisteem is vrot

En die volk in die kak

 

Moenie kyk nie

Na die politiek

Dis gemors van tyd

En dit maak jou siek

Klim die berg

Om die boere te vererg

Kom aan Bobbejaan

Kom aan          

 

Los jou angs en volg jou hart

Word ‘n skilder en kleur jou dag

 

Kry jou gat in rat

Want jy kla oor dit

En jy kla oor dat

 

Jy kla oor die tou

By die bank in die stad

Hulle steel jou geld

En die diens is swak

Kla oor die taxis

Wat ry soos mal

Kla oor die Rand

Wat val en val

 

Met jou dappermuis anargie

Afrikana romantiek

Met jou prozac en jou brandy

Jy is nie meer jouself nie

 

Los jou angs en volg jou hart

Word ‘n skilder en kleur jou dag

 

Kry jou gat in rat

Jy kla oor dit

En jy kla oor dat

        

Moenie wag nie tot die sterre val

Moenie wag nie tot die hemel kom

Moenie wag nie vir die goue tyd

Moenie wag nie vir ’n ewigheid

 

Kry jou gat in rat

Dit nummer staat op de volgende uitgaves:

Cover
Kaalvoet (Album)
2015