Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Wêreld is woning, bieg digter Bos

woensdag 21 juli 2004, Die Burger, Hedwich Tulp

HOE ouer hy word, hoe minder weet hy. Stef Bos sê dit met 'n lag, maar is bitter ernstig. Wat hy wél weet, is dat hy nou meer aan die liefde glo (en nie meer in verliefdheid nie) en dat hy meer openhartig wil wees as vroeër.

Seker daarom het dié Nederlandse liedjieskrywer en sanger pas, in sy 43ste jaar, sy eerste digbundel gepubliseer. Dit heet Gebroke sinne, omdat dit die beste manier was om sy gedagtes neer te pen. Gebroke sinne is reeds in Afrikaans beskikbaar en word in September in Nederlands bekend gestel.

Bos sê hy het nog altyd sy gedagtes in digvorm neergeskryf, maar dit nie voorheen gepubliseer nie. "Omdat gedigte persoonliker is as sang" wou hy dit nie met die publiek deel nie.

"In die afgelope vier jaar het daar egter dinge gebeur wat ek nie kon besing nie. Ek het gesoek na 'n ander uitlaatklep as sang om van my bekommernisse ontslae te raak."

Die bekommernisse was oor verskillende verliese. Sy ma het gesterf, en die dood van 'n vriend het hom diep geraak.

"Ek het deur die skryf oor die verliese myself leer ken, meer as ooit tevore. En ek het gedink ek moet dit met ander mense deel."

Die nabyheid aan sy eie gevoelens het ook iets te doen met die proses van ouer word, sê hy. "Dit klink dalk nogal outyds, maar namate 'n mens ouer word, verkry jy beter insig." Dit geld volgens hom op die persoonlike én die politieke vlak.

Hy praat nie baie oor politiek in sy liedjies of in sy gedigte nie, maar as hy dit in 'n gesprek doen, is hy vurig.

"Ons, Nederlanders, was gedurende apartheid vinnig om 'n oordeel te vel oor Suid-Afrika se mense. Maar nou sien jy wat gebeur in Westerse lande. Ons, Westerlinge, het nou rasseprobleme.

"In my stad, Antwerpen, waar ek 'n groot deel van my lewe gebly het, stem 20 persent regs. Dis pynlik. Hoe kan ek dit verduidelik in Suid-Afrika? Ons, moraalridders, doen nou presies dieselfde in die Weste as wat hier tydens apartheid gebeur het. Ons het geoordeel, maar is nie 'n haar beter nie."

Kortom, niemand het die eksklusiewe eienaarskap op die waarheid nie. Die waarheid waaroor Bos praat - ook in sy gedigte - is altyd twyfelagtig.

"Hoe ouer ek word, hoe meer kan ek die kompleksiteit raaksien. Wat is die waarheid? Ek sal dit nooit weet nie; niemand sal nie. Maar wat ons wél kan doen, is om die waarheid so goed moontlik te benader. Dis nie deur oordele te vel nie, maar deur mekaar te probeer verstaan."

Sy omswerwinge op die Afrika-kontinent en herhaalde besoeke aan Suid-Afrika het ook verdieping gebring. Kontak met ander kulture het insig in sy eie kultuur verskaf. Suid-Afrika is soos die spieël wat hy voorhou - 'n spieël om helder en skerp te bly.

Daardeur het ook die tipiese Nederlandse sinisme in die slag gebly. "In Nederland glo die literêre mense en kunskritici dat sinisme die wêreld kan verander. Ons, Nederlanders, sanik baie oor kuns; oor wat goed is en wat nie. In Suid-Afrika skilder skilders net omdat hulle moet, omdat hulle nie anders kan nie."

"Ag," sê hy 'n rukkie later, "miskien moet ons eers swaarkry."

Die verskeidenheid en dinamiek in Suid-Afrika is wat hy tans in die strate van Kaapstad raaksien en bewonder. "Suid-Afrika is aanhoudend aan die verander. Suid-Afrika vibreer en is s
< Terug