Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Bos is regtig 'n ere-burger

donderdag 10 oktober 2002, Die Burger, Marina Griebenow

STEF BOS EN SY BAND met Stef Bos (sang, klavier en kitaar), Jan van Looy (akkordeon en klavier), Martin de Wagter (perkussie), Roberto Mercurio (baskitaar) en Francis Wildemeersch (kitaar). H B Thom-teater, Stellenbosch. 8, 9 en 10 Oktober.

'n Mens stap uit die teater met 'n vreemde gevoel van ontsag én afguns n´ Stef Bos se vertoning in die Eikestad: ontsag by die aanskoue van dié Nederlander se grootse talent en afguns omdat hy in sy musiek so 'n treffende uitlaatklep het vir die soeke na betekenis wat elkeen se lewenstog kenmerk. Sy produk vind veral weerklank by 'n generasie soekendes hier in sy Niemandsland, Suid-Afrika - 'n land en sy mense vir wie Bos duidelik groot deernis het. Dié soeke én liefde word treffend uitgebeeld in die lied Witsand oor 'n afgesonderde stranddorpie waar hy sielerus gaan soek en homself gevind het.

'n Mens raak stelselmatig gewoond daaraan om Bos jaarliks hier te sien, veral by kunstefeeste soos die KKNK en Aardklop. Hy is dus al "een van ons", 'n sentiment wat eergisteraand luidkeels beaam is deur 'n entoesiastiese gehoor. Maar juis daarom verras dit dat hy telkens daarin slaag om 'n vars perspektief te bring en jou huis toe te stuur met nuwe insigte.

N´ 'n atmosferiese inleiding met Stemmen Om My Heen, val hy weg met 'n verduideliking van die vreemdelingehaat wat Europa in 'n wurggreep het en hoe beklemmend dit kan wees as 'n mens jouself afsluit van ander en wat anders is -'n verskynsel wat ons in dié land goed behoort te verstaan. Maar Bos se politieke en sosiale bewussyn, wat blyk uit sy lirieke en gesprekke met die gehoor, maak die vertoning geensins "swaar" nie. Daarvoor is sy humorsin te skerp en sekuur en sy verstandhouding met sy gehoor te goed.

Vir diegene wat aan vermydingstaktiek glo en nie juis onlangs 'n besoek aan die Voortrekkermonument gebring het nie, het hy (dalk onbewustelik) 'n boodskap in een van sy nuwe skeppings. In die verloop van een musikale nommer verwyder hy die nasionalistiese juk van die woorde op die senotaaf - "Ons vir jou, Suid-Afrika" - deur dit te verander na Jy Vir My, Suid-Afrika, en dra s
< Terug