Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Knik die kop vir Kerkorrel , die man wat sy drome oorleef

maandag 02 juli 2007, Beeld, THEANA CALITZ

Knik die kop vir Kerkorrel , die man wat sy drome oorleef

Johannes Kerkorrel: Hoe ons voel


Dit sal vanjaar vyf jaar wees sedert die stem van een van Suid-Afrika se grootste vernuwende kunstenaars en Voëlvry-pionier, Johannes Kerkorrel, stil geraak het, maar n´ al hierdie tyd is hy nog allermins vergete.
Daar was vele dokumentêre programme op TV, boeke en etlike musikale huldeblyke oor die man en sy musiek.
’n Mens kan dus wonder wat die enigste opdragproduksie op vanjaar se InniBos-fees anders maak.
In die eerste plek neem twee van sy grootste vriende en musikale geesgenote, Stef Bos en Amanda Strydom, aan die produksie deel. Saam met hulle is Valiant Swart, Jan Blohm en Andries Bezuidenhout op wie hy en sy werk volgens ’n verklaring ook ’n diep indruk gelaat het.
Deur veral Bos en Strydom se herinneringe kry die vertoning ’n persoonlike aanraking. Bos dink byvoorbeeld terug aan die dag toe hy en Kerkorrel saam aan ’n idee vir ’n liedjie gedink het en hulle ’n Duitse danseres met blomme in haar hare in Hillbrow ontmoet het. Uit dié gebeurtenis is “Sy wil danzen” gebore .
Bos lewer ook ’n pragvertolking van “Hillbrow” - ’n liedjie wat nie net Kerkorrel maar m´g sing nie. Strydom sing “Somer” heuningagtig mooi.
Tweedens sing al die kunstenaars in die tweede helfte van die produksie hul eie huldeblyk-liedjie.
Swart sing oor hoe sy kindertydherinneringe aan Kleinmond vir altyd ’n ander kleur gekry het nadat hy die tyding van Kerkorrel se dood ontvang het (Kerkorrel is op Kleinmond oorlede). Strydom onthou hoe hy sy bord neergesit het en met sy kop op haar skoot gelê het. En in die plek van sy kop lê daar nou ’n blou ballon . . .
Aan die kant van die verhoog word sepia-agtige beelde van Kerkorrel se lewe vertoon wat die nostalgiese, melancholiese gevoel van musiek verdiep. Hoewel die hartseer ondertoon van iemand wie se stem skielik en voortydig stil geraak het, deurgaans daar is, het die produksie ook ’n vierende ondertoon - vierend van sy lewe en musiek.
Daar is ’n ligte, informele gevoel en die understated atmos-feer van die Emnotweni-arena dra hiertoe by.
Dit is veral in die eerste helfte wat van sy rocktreffers met woema lewe kry met byvoorbeeld “BMW”, “Pers reën” en “Energie”. Janine Neethling is die musiekregisseur en ’n mens kan haar maar net agter die klawers dophou om te besef dat sy eintlik ’n menslike vergestalting van musiek is. Ronel Nel is die regisseur.
Kerkorrel self kry ’n spreekbeurt deur ’n onderhoud met hom aan die begin en “Al lê die berge nog so blou” aan die einde en ’n mens voel bewus dat Kerkorrel op ’n manier teenwoordig is.
En smile .
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef.
) Nog vandag om 14:00 en m
< Terug