Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Ek wil een lied sing dat alles omskryf

maandag 11 augustus 2008, Universiteitskoerant Potchefstroom, Braam Bester

• Watter invloed het Suid-Afrika op jou as individu en kunstenaar gehad?

 

Een moerse invloed.Die taal het my n perspektief gegee oor my eie taal
Wanneer jy in die afrikaans duik as n hollander ontdek jy terug die essensie van jou eie taal
Omdat jy voortdurend moet dink dat n selfde woord n andere betekenis kan kry.
En die afrikaans is vir my wonderlik omdat daar meer oop klanke is… ons se
Regen….julle se reen…dis n medeklinker minder en dit sing lekkerder vir my.
Dan die kultuur daaragter… dis veral die avontuurlijke kanr van die afrikaanse kultuur wat my gat skop….die konserwatieve nationaltistiese kant is vir my niet interessant want dat het ons in europa ook en dit is n vorm van stilstand en angs….. n kultuur kan hom ontwikkel deur die avontuurlijke denkers….die geestelijke voortrekkers….
Op persoonlijke vlak het Suid Afrika in my lewe gekom op n moment dat ek in België baie bekend het geraak en dit was nie lekker vir my… ek is n skrywer…n observator van myself en die wereld….en opeens op n dag kan ek die mense nie meer observeer nie maar begin hulle my te observeer.
Toe het ek via Kerkorrel Suid afrika toegekom en het met mense kan gesels sonder dat hulle weet wie ek is…toe ek die eerste keer daar gespeel het was dit dieselfde…I was nobody….wat vir my baie belangrijk is gewees in my ontwikkeling….Suid Afrika is my land van hergeboorte….van herdefiniesie….
Die wonderlike ding is ook dat ek n paar jaar gelede so intiem met die taal geraak het dat ek spontaan daarin begin skryf soos by die song ‘Jy vir my Suid Afrika’ waarbij ek die ‘Ons vir jou’ omgedraait het want wanneer die woord ‘ONS’ val spat meeste van die tyd die kak….n mens kan lief wees vir n kultuur sonder om nationalisties te word…. Jy’s vir my nie jou verlede / jou sentiment jou ossewa / jy’s vir my alleen die toekoms /j y vir my suid-afrika.

• Wat sou jy sê is jou mees sentrale idee of tema in jou literatuur en musiek? Hoekom?

Die mens as n klein wesen wat op hierdie planeet rondloop en probeer te bepaal wat sy plek is in die geheel wat hom omring.
Ek is grootgebring in die idee van die Nuwe Testament….God is liefde….en nie die oorlogsgod nie….ek soek n verbinding in muziek….dit moet helend wees.

• Sou jy enige besondere sintuig uitsonder by die skryf van jou werk?

Ek skryf met my oe….ek moet eers n beeld sien wat saamhangend is vir ek daarrond begin skryf. Die liedjie Papa is ontstaan toe ek my Pa op n sondagmiddag het sien kyk na die naels van sy vingers…so n bietjie afwesig…en het gedink ek doen dit op dieselfde manier…die beeld was die begin van Papa,ik ,lijk steeds meer op jou.

• Enige spesifieke manier hoe jy te werk gaan as dit by die skryf van literatuur of lirieke kom?

Daar is twee of drie fases waarin ek werk aan woorden en musiek.
Wanneer ek tour skryf ek idees..;die toere wat ons doen hier is te intensief om nog andere dinge te doen…en gemiddeld toer ons vijf tot zes maande n jaar en speel vier keer n week.
In die periode skryf ek idees in n boekie.
Die tweede fase is dat wanneer ek op reis ek die idees begin uitwerk en
In die tweede fase trek ek my terug soos n Monnik in die huis waar ek bly op die platland en werk so lang aan die lirieke tot ek voel dis ok of los dit want dit is niks.
Die derde fase is wanneer ek hulle begin speel vir doe gehoor of in geval van gedigte begin voorlees…dan kom die finetuning…dan weet ek die woord op die plek werk nog nie sol lekker nie.
So het ek in juli in Centurion in die aand nuwe songs uitgeprobeer en in die dag verder daaraan gewerk.
Soos bv met die volgende:

Ek wil n lied sing
dat alles omskryf
Die klank van die stilte
In die sosusvlei
Ek wil ry in die Karroo
En die son sien sak
Ek wil drie mooi susters
Wat daar op my wag

Ek wil n resensent
Wat oor my skryf
Hoe lekker ek sing
So los uit my lyf
Ek wil alles en niks
Ek wil saam en solo
Ek wil voel soos n walvis
In die Limpopo

Ek wil....Ek wil....Ek wil
Dat al die mense
Heel die wereld van my hou
Ek wil naar Parys
En ek wil .... Ek wil

Ek wil reis rond die wereld
Om huis toe te gaan
Ek wil praat met n vreemde
Om myself te verstaan
Ek wil n plek in Infanta
n kasteel in die lug
Ek wil woon in n dorp
Met die naam van geluk

Ek wil leef soos n held
In n wonderlik boek
Veg met n monster
En vind wat ek soek
Ek wil muziek hoor
Wat my raak
Ek wil lief wees
Vir wie my haat

….. om die res van die teks te hoor moet mense kom luister…
Wanneer jy sou weet wat die orginal is van deez liriek herken jy niks meer nie van wat daar nou staan.

• Watter onderskeid tref jy tussen literatuur en musiek? Is daar ʼn verskil?

Literatuur soos romans en poetry is soos loop deur n landskap….jy kan self die tempo bepaal waarop jy die dinge rond jou sien…kan stilstaan wanneer jy wil,etc.
Musiek is die maat van die tyd….dit deel die tyd op in stukkies met als gevolg dat die musiek soos n trein die tempo bepaal waarin jy deur die landskap reis…. Jy sien sommige dinge raak en andere nie want dit kan vinnig gaan.

• Watter van jou albums lê jou die naaste aan die hart en hoekom?

ZIEN is n album wat belangrijk is vir my omdat ek daar as n suiwere performer myself gevind het. As n songwriter is elke album n hoofdstuk in n fotoboek van my lewe en kan ek nie se nie dis my gunsteling.

• Wat dink jy van die huidige neiging in Afrikaanse musiek? Hoe dink jy lyk die toekoms van Afrikaanse musiek?

Ek dink die explosie in afrikaanse musiek is goed. Ook wanneer daar baie kommersiele musiek word gemaak wat vir my nie lekker is weet ek dit skep aan die andere kant van die spektrum n behoefte aan musiek wat reg uit die hart kom…wat gemaak is om n andere mens te raak in plaats van om geld te maak.

• Hoe ervaar jy Aardklop?

Aardklop is vir my nogal ok omdat ek daar andere kunstenaars kan raakloop wat ek anders nie snel sou sien nie.

• Wat kan die gehoor dié jaar van jou Aardklop opvoering verwag?

Baie nuwe songs wat ek in afrikaans geskryf het en n performer wat geleer het om
Homself binnenste buite tre draai wat die gevoel gee asof jy in n rolercoaster sit
Wat gaan van humor,irionie naar weemoed en verlangen.
N reis deur die lewe in 70 minute.


< Terug