Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Kaapse susters en Stef Bos maak saam musiek

zondag 14 februari 2010, Rapport, Marlene Malan

Kaapse susters en Stef Bos maak saam musiek

2010-02-13 14:29

Die Februarie-susters van Grabouw is, van links, Esmé Klaaste, Maria Steenkamp, Jane Filander en Debbie Isaacs, saam met die Nederlandse sanger Stef Bos. | Foto: Heinrich von Wielligh/Oude Libertas-amfiteater

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's fotos@rapport.co.za">fotos@rapport.co.za">Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Marlene Malan in Stellenbosch

 

Die Nederlandse sanger Stef Bos noem hul musiek “waaragtig”, sang sonder ’n masker, hart-en-siel-musiek.

Twee jaar gelede, toe hy die sanggroep Februarie-susters – die drie bloedsusters Jane Filander, Maria Steenkamp en Debbie Isaacs en Maria se dogter, Esmé Klaaste – die eerste keer in ’n Grabouwse kerkie gehoor het, was dié “gospelmusiek, in die mooiste Afrikaans, ’n openbaring wat my aan die hart geraak het. Dit het my ontroer, terselfdertyd laat lag. Dis wat waaragtige musiek moet doen.”

Dit was op ’n Sondag, ná ’n vertoning in die amfiteater op die Paul Cluver-wynlandgoed, dat hy op die ingewing van die oomblik besluit het om kerk toe te gaan.

“Daar het ek dié vier hoor sing en gedink hoe lekker dit sou wees om saam met hulle te sing, hul musiek in een van my vertonings te integreer.”

Min het hy geweet dis ook die groep se droom: Om ’n CD te sny.

Volgens Esmé sing die drie susters al van hul kinderjare af saam – op sangaande, begrafnisse, troues en partytjies. In die jare negentig het sy by hulle aangesluit.

Die naam van die groep is gekies omdat drie van die vier in Februarie verjaar.
’n Jaar nadat Bos en die susters mekaar ontmoet het, het hul wens waar geword en het Bos ’n nuwe liedjie, “Gelukkig”, spesiaal geskryf om saam met hulle uit te voer.

Dié liedjie, in ’n mengsel van Nederlands en Afrikaans, is opgeneem op Stef se CD Kloofstraat, wat begin Maart uitgereik word.

“Alles het uiteindelik saamgekom,” sê Bos. “Van die eerste oomblik dat ons saam opgetree het, het alles net eenvoudig gewérk.

“Later, toe ons dit in ’n ateljee op Stellenbosch opneem, was dit vir my mooi dat hulle ook in professionele omstandighede bly wie hulle is: mense wat sing met hart en siel, allesbehalwe kommersialiteit en Idols.”

Volgens Esmé is Bos se klank weer vir hulle besonders, “oor die enkelnote wat hy speel?.?.?. die klank van sy klavier, sy rustige stem. Vir my is sy liedjie ‘Rut’ die heel mooiste.”

In die musiekbedryf, sê Bos, sing baie mense “soos hulle sou wou wees of soos hulle dink die gehoor dit wil hoor.
“Dis oukei, maar ek is liewer vir mense soos die Februaries wat sing sonder masker. Hul ongepoleerde klank maak hul optrede baie meer outentiek. Dis baie meer ontroerend.

“En veral wys dit vir my waaróm ook my eie musiek moet draai.”

Daar is baie ware blues en soul in hul klank, sê Bos. “So iets kan jy nie namaak of suggereer nie, al het jy tegnies ’n formidabele stem. Sommige dinge in die lewe kan jy nie leer nie; jy moet dit lewe.

“Wanneer die Februaries oor iets sing, wéét jy hulle het dit gelewe.
“Daar’s vir my ’n wonderlike verbintenis tussen die bruinmense van die Kaap en ouens soos ek uit Holland. Hulle is onlosmaaklik deel van ons geskiedenis; eintlik ’n vergete deel. Ons is familie van mekaar,” sê Bos.
;?Stef Bos en die Februarie-susters tree op 1 en 5 Maart by die Woordfees op Stellenbosch op. Op 1 Maart bied hulle die program Moedertaal aan (R100) en op 5 Maart is hulle deel van die program Aan Tafel: Soete Groete (R170).
;?Bespreek by Computicket, www. computicket.co.za of 0?083 915 8000.

< Terug