Liedteksten
Komatiepoort
Komatiepoort
Daar is altyd n wereld
Wat ons nog nie ken nie
Daar is altyd n woord
Wat ons nie verstaan
n deel van onsself
Waarvan ons vergeet het
Daar is altyd n pad
Wat ons nog kan gaan
Daar is altyd nog ruimte
Verby die einde
Daar is altyd n stem
Van binne wat praat
Daar is altyd n wonder
Wat ons nie kan verklaar nie
Daar is altyd bagasie
Om agter te laat
Daars altyd dag
Daars altyd dans
Daars altyd pad
Daars altyd kans
Daar is altyd ‘n lied
Vir die wat wil sing
Daar is altyd ‘n son
Al sien jy die maan
Daar is altyd n wêreld
Wat ons nog nie ken nie
Daar is altyd een grens
Om over te gaan
Daar is altyd n insig
Wat ons nie ken nie
Al lees ons die toekoms
Voorspel ons die weer
Daars altyd n uitsig
By God se venster
Daars altyd nog lesse
Wat ons kan leer
Daars altyd n poort
Soos daar by Komatie
Altyd n grens
Om verby te beweeg
Daars altyd mense
Met mooie verhale
Daars altyd n lewe
Wat jy nog kan leef
Daars altyd dag
Daars altyd dans
Daars altyd pad
Daars altyd kans
Daar is altyd n lied
Vir die wat wil sing
Daar is altyd n son
Al sien jy die maan
Daar is altyd n wereld
Wat ons nog nie ken nie
Daar is altyd n grens
Om verby te gaan

Kloofstraat (P) (Bladmuziek digitaal)

Kloofstraat (Album)
2010

Kloofstraat (Vinyl LP)
2010