Liedteksten

Rus en vrede

Ek was orals en nêrens

Van Amsterdam tot die Kaap

In ‘n eindelose vlakte             

In ‘n doodloopstraat

Het verloor en verower

Gesoek en gevind

Die goue kalf het my betower  

Die oseaan het my laat sing

 

Ek het die reën sien val

Het die son sien skyn

My kinders is gebore               

En my pa en ma het verdwyn

Het die wereld sien verander

En dis nou tyd om stil te staan

En ek is hier in die Boland

En ek kyk na die maan

 

En ek sien orals die sterre

En ons is so klein

En voor jy dit weet is alles verby

En ek kyk na die toekoms

En sien my verlede

En al wat ek soek nou

Al wat ek soek nou

Is rus en vrede

 

Ek het gevlieg en geval

Ek het gebid en gevloek

Ek het die oorlog gesien

En ek het die liefde gesoek

En daar was altyd ‘n engel

Wat na my kyk

En nou staan ek hier

Na ‘n reis deur die tyd

 

En kom ons drink op die lewe

Met ‘n goeie glas wyn

Want voor jy dit weet

Is alles verby

En ek kyk na die toekoms

En ek sien my verlede

En al wat ek soek nou

Al wat ek soek nou

Al wat ek soek nou

Is rus en vrede

Dit nummer staat op de volgende uitgaves:

Cover
Bloudruk - LP - 1e Ltd oplage op blauw vinyl + set 6 postkaarten (Vinyl LP)
2024

Cover
Bloudruk (Album)
2023