Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Koos en Stef gesels oor hartsake

vrijdag 05 april 2013, Die Burger, Mariana Malan

Mariana Malan schreef in de Zuid-Afrikaanse krant Die Burger een mooie recensie over de Niemandsland voorstelling die Stef maakte met de Zuid-Afrikaanse songwriter Koos Kombuis: 

 

 

 

Liefde vir ’n land maak jou nie noodwendig ’n patriot nie. Liefde vir ’n Oppergesag laat jou nie noodwendig met die Bybel onder die arm rondloop nie.

Maar die liefde vir ’n kind trek jou vel af, dop jou binneste na buite en laat jou weerloos sonder weerga.

Dit erken twee mans der manne sonder om te bloos.

Koos Kombuis en Stef Bos begin hul vertoning deur te kyk na die liefde wat jou plattrek sonder dat jy dit wil hê – die liefde vir ’n vrou.

Of sy nou ’n lekker dik stuk is of ’n maergat, wanneer daardie liefde toeslaan, het jy geen verweer nie.

Dis egter wanneer die twee vertel van die liefde vir hul dogtertjies, dat jy week word, dat jy hulle sommer elkeen ’n drukkie wil gee.

Later kom hulle by die liefde vir ’n land, ’n plek. Of dit jou geboorteland of ’n plek is wat jy uit vrye wil gekies het, dit maak nie saak nie. Al is dit nie Eden nie en al tik daar ’n tydbom.

Al is die titel Niemandsland, kuier Kombuis en Bos nie in ’n onbekende plek nie.

Wanneer hulle van Afrika sing, ken jy dit. Wanneer hulle hoop en wanhoop verwoord, deel jy dit met hulle.

Jy is dalk net nie so vreesloos soos hulle nie.

Aan die einde tart hulle met die liedjie oor die Duiwel en God. As ’n mens reg onthou, was dit nie destyds baie gewild nie.

Dis toe albei nog obstinaat die grense van veiligheid verontagsaam het.

Intussen het die een die water van die lewe begin drink en die ander een het die pad van Rut begin stap.

Dankie dat julle steeds uitdaag, steeds soek.

Die lewe in ’n niemandsland waar niemand ’n Bybel lees waarin Chagall-skilderye afgedruk is nie, is bloot vervelig.  


< Terug