liedteksten

terug naar overzicht

Maan Kyk Na Die Wêreld

2013

Die son gaan slaap

Die lig verdwyn

Die donker kom en laat

‘n ster verskyn

 

En die nagwind waai

En hy strooi die sand

En hij dra jou weg                       

En hij vat jou saam                     

Na die ander land

 

En die maan kyk na die wêreld

Met n lag op sy gesig

1234 maak jou ogies dig

 

En die stad raak stil

Want die stad is moeg

Van die volk wat jaag

Om geluk te soek

 

En hulle dink dis geld

Hulle dink dis mag

Want hulle volg die kop

En vergeet die hart

 

En die maan kyk na die wêreld

Met n lag op sy gesig

1234 maak jou ogies dig

 

En ek hou jou in my arms

En ek sing die ou ou lied

Om die donker te verlig

Om verby myself te sien