Nieuws

Stef gaan Kaalvoet – 27 maart 2015

Stef gaan bos Kaalvoet
Litnet                             Naomi Meyer

  Stef Bos skryf 'n liefdesbrief in Afrikaans-Nederlands oor 'n land waar hy al te lank bly om sommer net verlief te wees. En hy gee dié liefdesbrief gratis weg aan almal (sien onderaan). Hy vertel vir Naomi Meyer op die ry af van die liedjies op sy jongste CD, Kaalvoet.

"Ek sal brugge bou daar waar die afgrond is." Ek haal aan uit "Jou land", maar ek verwys eintlik na jou gebruik van Afrikatale in "Manto", soos ook in van jou vroeëre liedere. Is taal vir jou ook musiek, of waarom doen jy dit?

Toe ek begin skryf het, het ek taal baie gesien as ’n slim manier om jouself uit te druk ... speel met woorde en begrippen, etc. Na ’n paar jaar van sing het ek geweet dis die klank wat zaak maak ... dis die klank wat mense kan raak ... nie die mooiheid of die slimheid van die woorde nie. En daar lê ook ’n verskil met gedigte dikwels – wanneer ek liriek skryf, hoor ek die klank en die spel van klinkers en medeklinkers en wat jy daarmee kan doen met jou stem: jy kan byt en soen en sag wees en hard.

Toe ek die eerste keer saam met Kerkorrel en Thandi Klaasen (Xhosa) gewerk het, het ek gehoor al die tale kan jy meng en dit is wonderlijk, omdat daarmee die verskille gevier word.

Toe ek die eerste keer Portugese Fado hoor, of Brel wat sing in Frans, het ook nie direk geweet wat aangaan nie, maar dan gaan dit oor die klank wat jou vat en dis miskien nog belangrijker dan die letterlijke betekenis.

Een van jou liedere is "Die lied van Rut", of "Jou land is my land". As mens jare in 'n land bly, hoe laat dit jou voel - slyt die romantiek nie af so tussen die kragonderbrekings, die stakings en die parlementschaos deur nie? (Terloops, voel jy of jy 'n gratis liefdesbrief wil skryf aan 'n land waar jy hoor buitelanders mag nie grond besit nie?)

Eintlik het ek die song geskryf in die tou by Binnelandse Sake toe ek daar was om my temporary residency te kry; dit was ’n moerse proses en ek het baie tyd daar gespandeerd met ouens uit Somalië, Kongo, etc. En toe kry ek vir die eerste keer die gevoel wat dit is om ’n vreemde te wees en jouself geregistreer te kry. Hoe jy in ’n Kafka-doolhof tereg kan kom net omdat jou vrouw Afrikaans is en jy ’n verbinding aangaan met die land.

Daar’s baie mensen in Europa wat dit dagelijks ervaar en die meeste van ons in Europa ken nie dié deel van die werkelijkheid. Dus my eerste idee was: ek skryf die song van die vreemdeling om die mensen in Europa ’n spieël voor te hou. Wanneer ek die song daar speel, vertel ek dit ook ... hoe die reëls dikwels belangrijker raak dan die menselijke kant van die verhaal.

En toe skryf ek die song ook maar direk in my Nederafrikaans om dit ook vir hier sterker te maak. Maar natuurlijk was dit ook ’n liefdesverklaring, omdat wanneer jy inbeweeg in ’n ander Kultuur jy ook al die kak en hare moet vat wat daarmee saamgaan.

En ja, dis vir my jammer dat die politiek ver af beweeg van die beloftes van 1994, maar ek dink dis orals op die wêreld dat daar min visie is, te min ideologie en te baie selfverryking en egopolitiek. Dis vir my veral skokkend dat die leiers nou so oud is asem of jonger en hulle praat met ’n dubbel tong. Hulle lieg blatant en hulle kom daarmee weg. Dis die tyd van quotes ... mense moet score ... followers hê op die net ... en dit maak dat die regtige gesprek, ook in Europa, nie gevoer word nie. Die regtige gesprek moet gaan oor wat ons met hierdie planeet wil en nie ook die belange van multinationals nie.

Die hele hantering van die sogenaamde terrorisme by ons is ook so ongelofelijk. Die vraag word nooit gestel wat mis is met ons kultuur, want die mense is hier gebore en ons het hulle totaal verloor.

"Jonk in my kop"? Komaan, Stef, jy is nog beswaarlik oud. Maar natuurlik verstaan ons almal daardie verliefdheid, diep-wees, "begrip van die wêreld" van oud in my kop, maar jonk in my lyf. Vertel asseblief vir ons lesers van jou kinders, jou seun en jou dogter. Hoe wild en besig is dit met hulle in die skool?

Die song is gebore in Windhoek toe ek daar saam met Kombuis was en gesing het. ’n Jonk outjie vra my hoekom het ek so baie energie vir ’n man van 50, en toe sê ek uit die bloute: “Ag man, ek is jonk in my kop en oud in my lyf”, en toe was die song daar gebore. So werk dit dikwels. Jy sê iets ... of iemand sê iets ... en dit kan ’n zaadje wees vir ’n song. In groter verband voel ’n mens op my leeftijd so ’n paar goeters wat skuur ... ’n pijntjie in die rug ... ’n dingetje daar ... Maar die voordeel van ouer word is dat jou kop skoner raak; jou ego verschrompel omdat jy sien ons is maar net ’n skakel in ’n ketting. En die gevoel is nogal lekker – dit gee spasie ook op ’n kreatiewe vlak. Dus is die song ’n loflied aan ouer word, waar dit in ons soort lande gesien word as degenerasie, dat jy uit die bootje val. Gelukkig maak dit by musiek nie zaak nie – kyk naar Cohen en Dylan en Springsteen. ’n Songwriter gaan nooit nie op pensioen nie, want dis nie werk nie, dis ’n passie.

Wat die kinders betref ... Ja, as iets my aan die gang hou, is dit hulle. Met kinders kry jy jou verwondering terug, want ’n mens kan verloor deur sinisme. En ja, dit kan bezig raak, maar ek het ’n wonderlijke vrouw en ons probeer dit doen soos ’n team. Dit help dat sy self ook ’n beeldende kunstenaar is en ons verstaan mekaar se liefde vir wat ons doen.

En met die kinders is daar twee groot swak plekke in my lewe – mens raak kwesbaar, en tegelijk lewe jy meer intens. Ek voel dit ook op die verhoog – die humor en die ontroering gaan ’n stap verder.

En dis wonderlik dat hulle dink in verskillende tale: Afrikaans, Nederlands en Engels. Die oudste kan dit so mooi skei van mekaar dat hy weet dat jy die Nederlandse woord vir “kat” nie by Jan van Riebeeck Laerskool moet gebruik nie. Daarmee leer hy nou al hoe relatief taal is en hoe kultuurgebonde.

Stef Bos (foto: Imke van Heerden)

"Swartvrou" ... Dink jy die feit dat jy nie van hier is nie, veroorsaak dat jy duideliker sien as jy hier is, 'n narratief (met liriek) vertel vir mense wat dalk nie hul eie verhale neerskryf nie?

Ek dink anyway dis deel van my taak as songwriter – om soms mense ’n stem te gee, of ’n deel van ons ’n stem te gee wat ons nie sien nie of nie wil sien nie. Dis nie dat ek weet hoe goeters werk, maar ek kan soms ’n kort moment van helderheid hê en iets skryf wat zaak maak ... daarna verdwijn ek ook weer innie mis van die eeuigheid en onwetendheid. Dis nogal opvallend as ek na ’n lank tyd terug kom in Nederland: die eerste 24 uur het ek nogal ’n goeie kyk op die toestand van die land en daarna verloor ek my ook in triviale onderwerpen waaroor ’n mens discuteer.

In Suid-Afrika bly ek ’n relatiewe buitestander. En ek soek ook bewus die posisie – dit is wat ek kan gee aan ’n land waar ek wil woon.

“Swartvrou” is in directe sin ’n weg terug na my eerste besoek toe ek vir die eerste keer ’n Xhosa-vrouw hoor sing en dit was vir my ’n interessante ervaring ... ook ’n spieël vir my eie manier van sing.

Ek het baie geleer van die spirituele achtergrond van swart musiek – dit hebt ons soms verloor overseas deur die commercie daarachter. En ek het baie geleer van mense soos Kerkorrel en Kombuis oor hoe jy jou taal oorspronkelijk kan maak. Toe ek hulle werk leer ken, was dit vir my ongelofelijk bevrugtend vir my manier van skryf in Nederlands, soos ook my verhuis as kaaskop na België baie het gebring.

Deel van die kreatiewe proses is (en ook in my eie lewe) dat jy uit jou comfortzone moet stap, nuwe ruimtes in moet gaan, ook wanneer jy daarvoor skytbang is.

"Liefde is altyd daar." Gepraat van "jonk in my kop (maar oud in my lyf)": kom daar 'n tyd wat mens besef romanse en verliefde passie is nie al waaroor dit gaan nie - of hoe verstaan mens jou lied "Liefde is altyd daar”?

Dis vir my ’n goeie voorbeeld oor wat ’n land jou kan gee. Op ’n dag parkeer ek my kar by die Braak in Stellenbosch. ’n Bruin parkeerwagter staan daar en ons gesels so ’n bietjie. Toe ek aan hom vra hoe dit gaan in sy lewe, sê hy “Ag Meneer, die liefde is altyd daar.” En toe denk ek oor my intellektuele knope in my kop en die schoonheid om die lewe so te sien, en toe was die res van die song daar. Hierdie soort songs skryf ek eintlik om myself voortdurend daaraan te herinner dat ek niks het om oor te kla. Wanneer ek ’n kakdag het, is dit baie lekker om so ’n song te sing in die aand vir ’n gehoor. “Gelukkig” van die CD Kloofstraat was ook so ’n song.

"Onderin my whiskeyglas" - dis nou opgejazz, maar op 'n manier val hierdie een buite "oud in my lyf", dis sommer net tydloos. Vir jou? Raak jy nie moeg om dit weer te sing nie?

Nee ... Toe ons ’n jaar gelede besluit om “Whiskeyglas” te doen met die band, het ons gekyk wat maak ons daarmee en toe is hierdie version gebore. Die ongelofelijke ding van die song is jy kan baie kante daarmee uit. Dit beteken dis universeel, en soos ek op ’n aand met Kerkorrel besluit het, “Whiskeyglas” is ’n geniale song ... ongelofelijke liriek ... en musiek wat dit dra. Die eerste keer dat ek dit gesing het, het ek die zwaartepunt gezoek van die song, maar ek is mal oor hierdie version omdat die musiek gewigloos is en ek waardeer dit dat die ou nog meer in ’n soort Sartre-agtige eenzaamheid gevange raak.

"Klara Majola" ... Handel dié lied vir jou oor helde, of oor kinders wat nog steeds verdwaal (veral in hierdie land)?

Kyk, daar’s ’n paar mense wat ek hoog ag as dichters in Suid Afrika. Daars ’n gedig van Breyten wat ek nog wil sing, eentje van Antjie Krog waarmee ek besig is, en ek was altyd mal van Opperman se manier van skryf. My vrouw het ook ’n bronsbeeldjie gemaak met betrekking tot die gedig – dis nou uitgestal in ’n museum in Ceres – en toe ek dit vir die eerste keer sien, ’n meisie wat lê met sneeuvlokkies op haar, en dit lyk of sy slaap, maar wanneer jy die gedig ken, weet jy sy is dood. Dit was die bronsbeeld wat my die song het laat maak. Die musiek was al in die gedig, want hy skryf baie musikaal.

Binnelandse Sake dryf jou tot trane en veroorsaak histerie. Wat is dit aan die plek? Die lang toue?

Ja, wanneer jy lief is vir iemand of vir ’n land, moet jy all the way gaan. Nie net sing hoe olijk die ander is. Hierdie song is satire ... lekker om te doen wanneer jy ’n kontraskleur wil hê in ’n vertoning. En hulle hét my ook ’n bietjie mal gemaak daar. Dis ’n vertoning op homself wanneer ek al die stories sou vertel; maar ek is hulle ook oneindig dankbaar, want op dié plek leer jy ’n land ken – meer as in ’n lekker lodge in die Krugertuin. Die regtige wildparke is buiten die heinings ... en dis waar ek wil wees.

"Kry jou gat in rat." Jy't dit reeds met “Suikerbossie” gedoen, om 'n volksliedjie op sy kop te draai. Maar die bobbejaan wat die berg moet klim, wie's hy presies?

Dis nie vir niks dat “Kry jou gat in rat” ná Binnelandse Sake kom op die CD nie. Dis dubbele satire: eers kla jy oor die zwak dienstverlening en dan skiet jy jou pyle op dié wat kla. Dit hou die ewewig in my kop gesond.

Ek hoor dit soms ook by mense ... die land dit en dat en dikwels is hulle reg, maar soos Tolstoj het geskryf, “Die wêrêld is soos jy dit wil sien.” En daar kom die bobbejaan in ... Ek dink die bobbejaan in die song is die siel van die avontuurlijke deel van die Afrikaanse cultuur, waarvan ek mal is: bietjie anargisties ... kak soek met overhede soos die VOC en die Engelse ... wat hulle kak verdien. En dit verdwijn soms ’n bietjie, omdat baie van die ou boere nou rondhang in ’n mall om goetertjes te koop.

Watter van die liedjies op hierdie album is jou persoonlike gunsteling?

“Ek en my bottel.” Dis ’n bergie wat ek ken in Kaapstad wat met dit het laat skryf. Die eerste keer dat ek hom raak sien, lê hy en slaap by ons in die straat met ’n leeg bottel in sy arms asof dit sy geliefde is. Maar die song gaan oor meer dan dit; dit gaan oor die land en die parlement wat nie genoeg doen nie. Dit gaan oor die lewe wat ’n mens op ’n trip kan vat wat nie altyd lekker is. Dit gaan oor ’n ou wat ’n spoorsnyer was in die weermag in Angola. Dis die onmag van die mens in die groter prentje ... die schoonheid en die hartzeer daarvan. Dis die enige song van die CD wat ek gespeel het nou in die Lae Lande, om iets te vertel oor die liefde vir ’n land wat baie moeilijkheden het. Jy kan vanuit die persona iets vertel wat jy self niet kan vertel nie ...

Ek is ’n swerver in die stad hier
Slaap daarbuiten by die hek
van die Kompanjie se tuine
Voor die Useless Parlement
Waar hulle praat en praat en praat
Oor die toekomen van die land
Ek lê daarbuiten en ek slaap
Met ’n bottel in my hand.

Toe ek dit geskryf het, het ek gevoel ek is n stap weer digter by die land en die taal en die werkelijkheid ... Dankie tog, Ralph. Dankie Koos en dankie al die mense wat ek op pad deur die land gesien het en wat my hulle stories vertel.