Persarchief

Een verzameling artikelen die in de pers zijn verschenen. Mocht jij artikelen hebben of tegenkomen die niet opgenomen zijn op deze pagina, word je vriendelijk verzocht om even een mailtje te sturen. Mede door jouw hulp kunnen we deze pagina dan uitbreiden...
Sommige artikelen kunnen nog scan-foutjes bevatten. Kom je ze tegen, laat het even weten!

 

Stef Bos skep eie taal wat bevry

dinsdag 23 september 2003, Beeld, Dirk Jordaan

Wanneer die Belgiese sanger Stef Bos oor Afrikaans gesels, klink dit soos poësie. Dirk Jordaan van Beeld het net voor die Aardklopkunstefees met hom gesels.

"'n Ruimtevaarder." Dít is die blitsige, bondige antwoord wat Stef Bos jou gee as jy vra waar hy tans in sy lewe staan.

"Ek het al een liedje daaroor geskryf," sê hy in sy bekende aksent. "Maar dit is nog nie klaar nie." Hy sweef ondersoekend deur die wêreld - verwonderd oor al die moontlikhede - om eendag "tot niks te verdwyn". Dit sal die tema daarvan wees. ('n Lae Landse Major Tom?)

Sy selfbeskrywing is nie vergesog of selfverheffend nie. Dit beskryf iemand wat die wêreld, en die lewe, deurkruis op soek na die onbekende. Na invloede wat in sy diep musiek gestalte vind.

Dit was nie altyd s
< Terug